Blog Title

Pret

Pret

Met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite en vermaak beskikbaar, waarborg ons eindelose pret en genot vir die hele gesin. Besoekers kan uitsien na ’n opwindende vakansie met ons avontuurpark, waterwurm, speelarea, avontuurgholf en verleidelike sonkamers ‒ fasiliteite wat regstaan vir dae van grenslose plesier!
Gerief

Gerief

Hartenbos Seefront bied die volle pakket vir sy besoekers en ons maak seker dat al die noodsaaklike fasiliteite binne maklike bereik is sodat niemand moet rondry en soek nie. Span heerlik uit met konferensiefasiliteite, verskeie winkels asook skoonheids- en gesondheidsdienste. Ons sentrum sorg vir alles van kruideniersware en bankdienste tot restaurante vir elke smaak ‒ alles naby genoeg vir almal se gerief!
Vermaak

Vermaak

Om te verseker dat daar meer vermaak is om na uit te sien tussen al die ander aktiwiteite en prettige dinge deur, bied ons konserte aan met sommige van Suid-Afrika se topkunstenaars. Verder is daar restaurante en klubs soos die byna voltooide Na Donker en die Skoffelskuur om tot laatnag te kan dans!