Blog Title

BEPLANNING IS ALS

Met soveel dinge om te doen én te eet én te geniet, gaan dit ‘n warrelwind van plesier wees met die Desember Openingsfeesprogram.

Koekeloer maar hieronder na die volledige lys van doen-dinge en plak hom langs jou verjaarsdag kalender agter die badkamerdeur. Dis hoeka waar al die belangrike datums gaan.

Ons het al ‘n bietjie van ‘n voorsmakie gegee van watter tipe dinge in Desember gaan wikkel hier in Hartenbos. Maar dinge gebeur, vriende hou jou besig, mens vergeet soms. So sien hierdie as ‘n vriendelike herinnering!

Musiek is ‘n groot tema. In elke vorm moontlik – met bekende sangers soos Heuwels Fantasies, Dewald Wasserfall en Bok van Blerk én amateur sang kompetisies vir die dromers. Om presies te wees, elke dag se rooster begin met musiek. Die perfekte klankbaan vir jou somervakansie herinneringe.

Vermaak is eintlik nooit ver nie. Met Nadine Blom vir die kleintjies, in-ry film vir die verliefdes en Oppie Stoep Stories vir dies met humorsin is daar nie veel tyd vir verveeld wees nie. Eintlik geen tyd, om eerlik te wees.

En natuurlik kom Karlien van Jaarsveld ook.

Kyk self!

HARTENBOS SEEFRONT VAKANSIE VERMAAK

ATKV Vakansieprogram