fbpx

Blog Title

Moderne Konferensiegeriewe

Ons het ‘n moderne konferensiesentrum wat die perfekte lokaal is vir konserte, troues, verjaarsdagpartytjies en binnenshuise sportsaktiwiteite. Met alles wat jy sal benodig binne stapafstand, en met ‘n kapasiteit van meer as 1 000, sal hierdie fasiliteit ‘n sukses van enige geleentheid maak. Al die nodige toerusting en fasiliteite soos spyseniering, projektors en Wi-Fi is beskikbaar. Kontak ons vir meer inligting. Vir besprekings kontak: Tel: 044 601 7215 hartenbos@atkv.co.za

Konserte

Hartenbos Seefront bied jou ‘n reeks musiekkonserte waar jy van Suid-Afrika se top kunstenaars in lewende lywe sal kan sien. Hou ‘n ogie op ons sosiale media platforms en blog vir aankondigings oor die talentvolle musikante wat binnekort by Hartenbos te sien sal wees.

Verhitte Swembad

Nie lief vir koue water nie? Moenie bekommerd wees nie! Ons swembad se temperatuur is tussen 30-35°C, wat dit perfek maak vir daardie effense koelerige lente en herfs dae – óf selfs ‘n winter wegbreek. Geniet die see uitsig saam met familie en vriende terwyl jy gebruik maak van die heerlike swembadgeriewe.

TOEGANG: Inwonende ATKV Oord-gaste: R20 per 2 uur sessie Besoekende gaste / publiek: R30 per 2 uur sessie BINNE SEISOEN Des/Jan, Mrt/Apr & Sept/Okt vakansies Maandag tot Sondag 08:30 – 10:30 11:00 – 13:00 13:30 – 15:30 16:00 – 18:00 10:30 – 20:30 21:00 – 23:00
BUITE SEISOEN
Maandag – Sondag 08:30 – 10:30 11:00 – 13:00 13:30 – 15:30 16:00 – 18:00 18:30 – 20:30

Wellness World

Sodat jy die perfekte balans kan handhaaf, bied ons jou gesondheidsfasiliteite wat jou ontspanne en vars sal laat voel tydens jou vakansie saam met ons. Buiten die swembad, het ons ook ‘n splinternuwe gimnasium met die nuutste toerusting, water aerobics, persoonlike afrigters en ‘n biokinetikus. Handelsure: Maandag tot Donderdag: 05h00 to 21h00 Vrydag: 05h00 to 20h00 Saterdag: 07h00 to 15h00 Kontak: 044 333 0216 www.wellnessworld.co.za