Blog Title

CLICKS APTEEK

Clicks wag nog vir hulle Aptekerslisensie van die Departement van Gesondheid, maar ‘n boer maak mos ‘n plan.  

In tussentyd word ‘n tydelike afleweringsdiens in plek gesit om seker te maak dat jy wel jou medikasie op die gerieflikste manier moontlik kan kry. Dit beteken dat jy jou voorskrif- of self-medikasie van die Mosselbaai Clicks af kan bestel en dit nog dieselfde dag kan optel by die Hartenbos tak – eenvoudig en effektief.

Hoe werk dit? Jy het 2 opsies.

Bel die Mosselbaai tak direk en plaas jou bestelling, of besoek die Hartenbos tak waar personeel dit namens jou sal doen. Bestellings moet voor 12:00 gemaak word vir selfde-dag aflewering. Medikasie kan tussen 15:30 en 16:00 opgetel word by die Hartenbos tak.

Plaas medikasie bestellings in die gemerkte boks by Clicks Hartenbos en tel medikasie die volgende dag tussen 15:30 en 16:00 op by dieselfde tak.

Die medikasie sal in ‘n gemerkte pakkie opgemaak word in afwagting vir jou om dit te kom optel. Daarna sal ‘n apteker van Clicks Mosselbaai jou telefonies skakel vir enige medikasie instruksies.