Waterpark
Ervaar die opwinding van blitsvinnige, seepgladde glybane
Die Seefront Pretpark pronk met ‘n splinternuwe waterpark – ‘n droom vir waterliefhebbers en die perfekte plek om van die warm somer son te ontsnap. As jy waaghalsig voel, is ons waterwurms nét die regte ding vir jou!
Vakansiegangers kan kies tussen drie verskillende waterwurms, een vir elke vlak van adrenalien en vaardigheid. Selfs diegene wat nie so mal is oor hoogtes en avontuur nie, sal kan voete nat maak op ons makliker glybane. Ons beplan om binnekort die waterpark nóg verder uit te brei, so hou ons webtuiste dop vir meer inligting.