Blog Title

HARTENBOS VERHOOG : GRETHA WIID

Gretha Wiid kom gee Hartenbossers ‘n dosis lekker-lag-wysheid met haar nuwe vertoning.

Eva se Lyf kom draai Augustus in Hartenbos Seefront en belowe om propvol insig, wysheid en humor te wees.

Vir dies wat nog nie bekend is met Gretha Wiid nie, kom ons stel julle gou voor. Met verskeie inspirerende boeke, CD’s en DVD’s alreeds op haar kerfstok, is Greta geen vreemdeling tot die kollig nie. Haar praatjies handel oor temas van gesonde vrouwees, gesinslewe en die huwelik. Gretha is ook die aanbieder van die Worthy Women Conference, wat hierdie jaar al 9 jaar oud is.

Kom luister gerus! Sy weet waarvan sy praat.

9 Augustus 2017| 11:00 | R100
Kaartjies te koop by die ATKV kantore en sluit verversings in.
Kontak Adrie van Dyk vir verdere navrae: 076 042 5104