Blog Title

Erfenis

Suid-Afrika se gunsteling vakansiebestemming

Hartenbos Seefront is ‘n ontwikkeling binne die ATKV Hartenbos Strandoord, en ons is trots om erken te word as een van die gewildste vakansieplekke vir oud en jonk. Gaste kan eindelose vermaak, topgehalte winkels en ontspanningsfasiliteite, en beeldskone natuurskoon verwag wanneer hulle met ongekende gasvryheid verwelkom word.

Hartenbos Seefront het iets vir elke smaak – van heeldag rondskaats op die Suid-Kaap se enigste ysskaatsbaan, tot luilekker lê in ons sonarea, of uitkyk oor die pragtige seeuitsig vanuit ons verhitte swembad.

Ligging

Geleë langs die pragtige Tuinroete

As jy lief is vir sorgvrye dae op die strand, is Hartenbos nét die regte plek vir jou. Geleë langs die beeldskone Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, is ATKV Hartenbos Strandoord die eerste van sewe ATKV oorde wat deur die ATKV ontwikkel is. Vandag streef ons nogsteeds dieselfde doel en visie na: om vriende en familie bymekaar te bring en vir hulle die geleentheid te bied om onvergeetlike oomblike saam te geniet.

Die pragtige strand is letterlik ‘n klipgooi weg van al ons ander fasiliteite, wat beteken dat jy ten alle tye die vars seebriesie en pragtige sonsondergang sal kan geniet.

Verken die area

Kleur jou vakansie verder in

Die Hartenbos Seefront ontwikkeling is naby van Suid-Afrika se grootste toerismebestemmings, ‘n magdom kultuurskatte, erfenisterreine en ander interessante besienswaardighede – insluitende die Jukani Roofdierpark, die Kango-grotte en Meiringspoort om net ‘n paar te noem! Verwys na onderstaande lys van aktiwiteite om jou vakansie beplanning te vergemaklik.

  • Kango Grotte
  • Jukani-roofdierpark
  • Dias-museum
  • Botlierskop-dagsafari’s
  • Volstruisplase
  • Meiringspoort
  • Cape St. Blaize ligtoring
  • Gholfbane
  • Wilderness (Kaart van Afrika)
  • Knysna (Knysna (Tsitsikamma – rekspring, canopy toere, ens.)

 

ATKV

‘n Trotse tradisie van 79 jaar

Die Afrikaanse Taal en Kultuur Vereeniging (ATKV) is in 1930 in Kaapstad gestig as ‘n organisasie wat vir mense die geleentheid wou bied om in die erfenis en tradisie van die Afrikaanse taal en kultuur te deel. Vandag spog die ATKV met meer as 70 000 hooflede en ondersteun naastenby 30 kulturele projekte per jaar. Hierdie projekte is daarop gemik om mense van alle kulture te nooi om te deel in die trots van hierdie merkwaardige organisasie. Die ATKV is ook die tuiste van sewe gewilde vakansieoorde in van die mooiste dele van ons land – insluitend ATKV Hartenbos Strandoord.

Hartenbos Seefront vorm deel van die ATKV Hartenbos Strandoord en met ‘n trotse tradisie van 79 jaar, bied hulle gesamentlik vakansie ervaringe soos min ander!