Blog Title

Kontak

Kontak
Sending

Kaart en Uitleg

Aanwysings van Port Elizabeth en George lughawe

Neem die N2 na Kaapstad, net na die Klein Brakrivier sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. Draai links by die stop en ry onderdeur die brug tot by die volgende T-aansluiting. Draai links by hierdie stop na ATKV-Hartenbos en neem die afdraai links by die volgende T-aansluiting. Gaan oor die brug tot by die verkeerslig by die Engen vulstasie. Draai links by die verkeerslig en ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.

Aanwysings van Kaapstad

Neem die N2 na Port Elizabeth. By die Voorbaai-afdraai in Mosselbaai sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. By die stop draai jy links. Ry dan tot by die eerste verkeerslig (Langeberg Mall). Draai links by die verkeerslig en ry verby die Shell Truck Port aan jou linkerkant. Gaan oor twee verkeersligte en draai regs by die derde verkeerslig by die Engen vulstasie. Ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.