Blog Title

ONS TEL DIE DAE AF!

O, Griet! Die nuwe Hartenbos Seefront maak oor minder as 2 weke oop.  

Uiteindelik bereik ons die apeks van maande se harde werk. Trots – soos ouers – kan ons (amper) amptelik die nuwe Hartenbos Seefront aan die wêreld voorstel.

Met minder as ‘n maand oor, is ons nie seker wie is meer opgewonde nie – óns of júlle.

Indien daar ‘n klein moontlikheid is dat julle vergeet het watter dinge als aan die woeker gaan wees in die Desember vakansie, is hier ‘n vriendelike herninnering , want julle kan nie bekostig om hierdie program mis te loop nie.

HARTENBOS SEEFRONT VAKANSIE VERMAAK

ATKV VAKANSIEPROGRAM

 

 

As geluk aan jou kant is, en kompetisies jou ding is, hou tog ons Facebook en Instagram blaaie dop vir al die nuutste nuus en kompetisies. Want vakansies is lekkerder as jy iets kan wen.

Ons eerste kompetitisie speel af op Instagram en dis vir ‘n stel kaartjies na die Weiveld Roadtrip op 22 Desember.

Dis nie iets wat jy wil misloop nie! Dis só goed, ons moes dit net met iemand deel.

Op 25 November word die kompetisie geloods op Instagram en die wenners word op 5 Desember aangekondig – dit gee vir jou 7 belangrike dae om soveel keer moontlik in te skryf! So hou jou duime reg.

Dis immers so maklik.

Mag die vinnigste vingers wen!