Blog Title

ROME WAS NIE IN ‘n DAG GEBOU NIE.

Somer kruip nader en so ook jou Somer vakansie op Hartenbos (dankie tog, want die jaar raak nou lank). Ons is amper daar! Verf jou tone en koop jou swembroek want Hartenbos Seefront maak amptelik 7 Desember oop.

Skryf dit in jou dagboek, op jou yskas en op jou voorkop want hierdie datum merk die begin van ‘n nuwe Seevakansie Era. Meer sonskyn, meer swem, meer skater-lag en meer sonbrandroom as ooit tevore.

Hoe so, vra jy?

Hartenbos Seefront se ontwikkeling word opgedeel in drie fases. Dit beteken drie fases van genot. Ja, ons spasieer dit uit sodat niemand oorweldig word deur die vlak van plesier nie.

 

Fase 1 open in Desember. Daai datum wat jy moes neerskryf. Hier kan jy ‘n Skouspel-grootte skare verwag by die amptelike opening en inhuldiging van die nuwe Hartenbos Seefront. Omring jouself met die warmte van die son en die gasvryheid op Hartenbos. En as dit dan te warm raak, koel af by die twee nuwe waterwurms en swembad in die waterpark. O, en die pretpark met sy mini gholfbaan, klimrame en sonstoele staan ook en wag.

Van kos en klere is hier ook te kies en keur.
Kyk net hier onder en sien self!

Winkels en Restourante

Fase 2 is dan nou weer ‘n perd van ‘n heeltemal ander kleur. Winter in Hartenbos? Definitief. Junie 2017 om presies te wees.

‘n Ysskaatsbaan maak oop! Met regte egte ys. Die enigste van sy soort in die Suid-Kaap. Pak jou wolsokkies in en kyk ‘n ysskaatsfliek vir motivering want dit gaan ‘n lekker ding wees díe.

 

So gepraat van lekker dinge – die nuwe Na Donker dans klub word ook heropen in Junie vir elke bo 18 dans-liefhebber. Of loer net in vir ‘n drankie?

Dit los ons by Fase 3. Die laaste maar nie die minste nie. Die voltooing van die luukse woonstelle reg voor op die Seefront self! Nader aan die aksie kan jy wragtig nie. En só, kan jy die vakansie gevoel heel jaar lank hê.

Kom kuier, kom eet, kom dans, kom swem – kom Hartenbos toe!