fbpx

Blog Title

Hartenbos Seefront

Hartenbos Seefront is ‘n ontwikkeling binne die ATKV Hartenbos Strandoord, en ons is trots om erken te word as een van die gewildste vakansieplekke vir oud en jonk. Gaste kan eindelose vermaak, topgehalte winkels en ontspanningsfasiliteite, en beeldskone natuurskoon verwag wanneer hulle met ongekende gasvryheid verwelkom word.

Hartenbos Seefront bied jou alles wat jy nodig het vir ‘n ontspanne, genotvolle en gebalanseerde vakansie. Van wêreldklas konferensiegeriewe vir konserte en binnenshuise sportsaktiwiteite, tot ‘n verhitte swembad en ‘n fiksheidsentrum – ons bied jou alles wat jy nodig het.

Seefront Solders

Met die see amper rondom jou en die Kaapse seelug bokant jou, bied Hartenbos Seefront verskeie luukse verblyfopsies met bed en ontbyt. Hierdie eenhede is ideaal vir paartjies, sakemanne en sakevroue asook vir konferensiegangers.

Gaste kan uitsien na topgehalte winkels, ontspanningsfasiliteite en pragtige  natuurtonele wanneer hulle met ongekende gasvryheid hier verwelkom word

Tariewe

Die pretpark

Ervaar avontuur soos nog nooit vantevore.

Ons pretpark spog met aktiwiteite wat kleuters en tieners sal laat skaterlag! Van ‘n beskermende speelarea vir die kleintjies, tot mini-gholf en heerlike waterspeletjies vir die ouer kinders. Ons pretpark waarborg oneindige pret en opwinding vir die hele gesin.

Die waterpark

Die Seefront Pretpark pronk met ‘n splinternuwe waterpark – ‘n droom vir waterliefhebbers en die perfekte plek om van die warm somer son te ontsnap. As jy waaghalsig voel, is ons waterwurms nét die regte ding vir jou!

Vakansiegangers kan kies tussen drie verskillende waterwurms, een vir elke vlak van adrenalien en vaardigheid. Selfs diegene wat nie so mal is oor hoogtes en avontuur nie, sal kan voete nat maak op ons makliker glybane.

Die klouterpaleis

‘n Ongelooflike klimraamervaring!

Geleë binne die Seefront Pretpark, beloof hierdie ruim speelarea ure se genot vir babas, kleuters én tieners! Met allerhande klim, swaai, gly en hang aktiwiteite, is hierdie area spesiaal ontwerp om kinderontwikkeling aan te moedig, terwyl kinders terselfdetyd hulself gate uit geniet.

Mini-golf avontuur

Geleë binne die Seefront Pretpark, bied ons mini-gholfbaan ‘n genotvolle uitstappie vir die hele gesin. Ons twee splinternuwe nege-putjie bane, sal beide amateur en ervare spelers uitdaag!

Winkels & Restaurante

As deel van ons toewyding om jou die lekkerste moontlik vakansie te bied, het ons gesorg vir ‘n klein winkelsentrum met ‘n verskeidenheid winkels, restourante en kuierplekke. Hierdie gerieflike sentrum spog met alles van inkopies en bankdienste, tot verskeie restourante – daar is iets vir elke smaak.

Verhitte Swembad

Nie lief vir koue water nie? Moenie bekommerd wees nie! Ons swembad se temperatuur is tussen 30-35°C, wat dit perfek maak vir daardie effense koelerige lente en herfs dae – óf selfs ‘n winter wegbreek. Geniet die see uitsig saam met familie en vriende terwyl jy gebruik maak van die heerlike swembadgeriewe.

Wellness World

Sodat jy die perfekte balans kan handhaaf, bied ons jou gesondheidsfasiliteite wat jou ontspanne en vars sal laat voel tydens jou vakansie saam met ons. Buiten die swembad, het ons ook ‘n splinternuwe gimnasium met die nuutste toerusting, water aerobics, persoonlike afrigters en ‘n biokinetikus.