Blog Title

HBSF Koronavirus skrywe

Koronavirus dokument. 19 Maart 2020

Na aanleiding van die stappe wat pres. Cyril Ramaphosa op 15 Maart aangekondig het om die verspreiding van die koronavirus in Suid-Afrika te bekamp, onderneem Hartenbos Seefront om as verantwoordelike Suid-Afrikaanse burgers op te tree en vertrou ons dat alle besoekers ook die President se versoeke en riglyne sal nakom.  Hartenbos Seefront waardeer julle onvoorwaardelike ondersteuning en dat julle steeds Hartenbos as vakansie-bestemming kies.

Ons wil asseblief versoek dat ons besoekers ag sal slaan op die onderstaande skrywe.

 

Hartenbos Seefront is besorg oor die huidige toestand van die COVID-19 in die land. Ons deel die siening van president Cyril Ramaphosa dat ELKEEN verantwoordelik is vir sy eie gesondheid en veiligheid. Om hierby aan te sluit verskaf Hartenbos Seefront skoon lopende water en vloeibare seep en handdoekpapier om te sorg dat elkeen sy hande so gereeld as moontlik kan was en afdroog.

 

Die virus word met druppelbesmetting versprei.  Die doeltreffendste manier om besmetting te voorkom, is dus om noue persoonlike kontak met mense wat siek en moontlik besmet is, te vermy.  Persone met verswakte immuunstelsels is veral vatbaar en moet uiters versigtig optree.  

 

Die personeel saniteer die deurknoppe, krane en toiletsitplekke op ‘n gereelde basis. Die personeel word almal van handskoene voorsien.

Maskers is nie verpligtend nie en word dus as bykomende maatreël voorsien.

Dit is elke Hartenbos Seefront winkeleienaar se prerogatief om te besluit hoe hy sy klante gaan bystaan en hanteer in hierdie situasie.

 

Meer inligting rakende die Koronavirus Covid-19 is beskikbaar by:

  • Die Departement van Gesondheid;
  • Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS);  
  • Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).  

Skakel gerus die hulplynnommer 080 002 9999 of gebruik die WhatsApp-nommer 060 012 3456 soos in die President se aankondiging aangedui.