Blog Title

Kontak

Kontak
Sending

Kaart en Uitleg

Aanwysings van Port Elizabeth en George lughawe

Neem die N2 na Kaapstad, net na die Klein Brakrivier sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. Draai links by die stop en ry onderdeur die brug tot by die volgende T-aansluiting. Draai links by hierdie stop na ATKV-Hartenbos en neem die afdraai links by die volgende T-aansluiting. Gaan oor die brug tot by die verkeerslig by die Engen vulstasie. Draai links by die verkeerslig en ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.

Aanwysings van Kaapstad

Neem die N2 na Port Elizabeth. By die Voorbaai-afdraai in Mosselbaai sal jy die ATKV-inligtingsbord aan die linkerkant van die pad sien. Neem die afdraai na links en ry tot by die T-aansluiting. By die stop draai jy links. Ry dan tot by die eerste verkeerslig (Langeberg Mall). Draai links by die verkeerslig en ry verby die Shell Truck Port aan jou linkerkant. Gaan oor twee verkeersligte en draai regs by die derde verkeerslig by die Engen vulstasie. Ry met Paardekraal Straat af in die rigting van die see. Hou aan totdat jy by die 4-rigtingstop by die treinspoor kom. Gaan oor die stop en die ATKV Hartenbos Seefront ontwikkeling sal dan reg voor jou wees.

PARKEERTARIEWE / PARKING TARIFFS 05:00 – 19:00

page1image50913152

0 – 30 Min:R 0.00, 30 – 60 Min: R 8.00, 1–2 Ure / Hrs: R 16.00,  2–3 Ure / Hrs: R 32.00, 3–4 Ure / Hrs: R 65.00,  4–5 Ure / Hrs: R125.00

Daarna per uur / Thereafter per hour: R210.00

19:00 – 02:00: Eenmalige bedrag / Once off amount: R 15.00

NAT KAARTJIE / WET TICKET (Plus tarief / tariff): R 20.00 VERLORE KAARTJIE / LOST TICKETR: 250.00 VASKLEM FOOI / CLAMPING FEER: 300.00

 

page1image50903680

Hierdie tariewe is slegs vir Skoolvakansies en Paasseisoen van toepassing.
These tariffs are only applicable during School Holidays and Easter period.

Pick ʼn Pay kliënte sal die eerste uur gratis kry, Karwas en Gimnasium kliënte sal die eerste uur en ʼn half gratis kry.
Pick ʼn Pay clients will receive the first hour for free, Carwash and Gym clients will receive

the first hour and a half for free.

REG VAN TOEGANG VOORBEHOU * RIGHT OF ADMISSION RESERVED

Hartenbos Seefront reserves the right to amend these prices without prior notice. Hartenbos Seefront behou die reg om die pryse te verander sonder vooraf kennisgewing.