Blog Title

MARCIEL HOPKINS KUIER BY SEEFRONT SOLDERS

Marciel en haar kêrel Handré het vir ‘n vinnige naweek uit die stad se gewoel en werskaf ontsnap, en heerlik uitgespan in die Solders.

Marciel het haar BA Drama en Honneurs graad in Sielkunde by Stellenbosch Universiteit voltooi in 2015. In haar honneurs jaar as Primaria van haar dameskoshuis, word sy verkies as ‘n top 12 mej. Suid-Afrika finalis nadat sy 14kg in 4 maande verloor het. Tans is sy ‘n internasionale kurwe model, moriveringspreker en life coach. Oral waar sy in die wêreld gaan, deel sy haar boodskap met vroue oor selfliefde en liggaamsaanvaarding.

Marciel Hopkins skryf

“Ons het ‘n wonderlike naweek by Seefront Solders gehad – dit het soos ‘n ware ontsnap uit die stad gevoel. Die Platinum kamer is luuks en pragtig ingeruim, jy is letterlik stap afstand van alles wat jy nodig het vir ‘n ontspannende naweek. Die sondek is ‘n droom vir buite kuier, die sonnetjie geniet en ‘n glasie bubbly klink”